Diet For Weight Loss




Facebook

  
Weltevrede Blogs

Click on the Blog Heading to Read the Whole Blog Entry and all comments


Oct 27

Written by: admin
Thursday, October 27, 2011 

        
 

   



Weltevrede is in ‘n internasionale groeifase, en ten spyte van die wêreldekonomie wat knyp, ervaar ons ‘n groeiende gewildheid van Weltevrede se wyn. Die afgelope twaalf maande het ons dan ook vier keer vir ons agente in Europa gaan kuier om verhoudinge te bou, proeë aan te bied, met joernaliste te gesels en Weltevrede se wyne vir nuwe kliënte te wys.

 

 

Dit is veral in Nederland en België waar die Weltevrede wiel lekker aan die rol is, maar ons het ook nuwe uitvoer bestemmings vir ons wyn in Duitsland, Kenia, Mexiko en die Tseggiese Republiek gevind. Ons voer nie uit onder ander etikette of name as ons eie nie. Volgende keer as u op reis is, kan u gerus uitkyk vir Weltevrede.

Weltevrede is internasionaal bestem vir restaurante en privaat kliënte en dus is ons wyne nie so alomteenwoordig in supermarkte nie. Kontak ons gerus as julle vriende en familie in die buiteland het wat verlang na goeie Suid-Afrikaanse wyn.

 

Groupe LFE open day, Holland

Tags:

Your name:
Your email:
(Optional) Email used only to show Gravatar.
Your website:
Title:
Comment:
Add Comment   Cancel 


You must be logged in and have permission to create or edit a blog.
 


 

Search